April 2009

Do you have faith is South Africa's justice system?

Local kids celebrate diversity

[site-name] story image - [site-date]
Elna Esterhuysen
At a time of heightened excitement that coincided with the general elections in the country, young Alina Ribimbi and Elektra Engelbrecht braced themselves for the results during a themed weeklong event hosted by Suikerbekkie Pre-Primary School in Polokwane. The celebration was dedicated to the cultures and traditions of South Africa.

 

Boerewors-koalisie bereik tussen partye

[site-name] story image - [site-date]

Elna Esterhuysen
Partylede geklee in kleurvolle tradisionele uitrustings om Suid-Afrika se etniese verskeidenheid te beklemtoon, het Vrydag Suikerbekkie Pre-Primêreskool se temaweek, Ons land Suid-Afrika, afgesluit.
‘n Boerewors-koalisie is tussen die Mopaniewurm Party (MP) en Koeksister Party (KP) aangegaan waarna hulle aangesit het vir ‘n feesmaal van mieliepap en boerewors. Net om te wys dat hulle nie ander partye uitsluit nie, is die ete met Herzoggies afgesluit.

'It's not fair'...

[site-name] story image - [site-date]

Businessman threatens Muni with interdict over 2010 road
Yolande Nel
Prominent local businessman Angelo Skordi is considering dragging to court the Polokwane Municipality for loss of income due to ongoing construction work to the Biccard Street stretch that has adversely affected business at one of his establishments this past weekend.

Polisie lê beslag op reuse dwelmvonds

[site-name] story image - [site-date]

Danél Esterhuysen
Die polisie het verlede Donderdag ‘n reuse deurbraak gemaak toe ‘n berugte dwelmsmous in die mid-destad in die besit van duisende rand se dwelms betrap en in hegtenis geneem is.
Die inhegtenisname volg na intensiewe ondersoeke deur die polisie se Tekkie-eenheid, en spesifiek supt Zebedius Ramakgoakgoa wat die arrestasie gemaak het.

Nuwe wending in Bruton-moordsaak

Danél Esterhuysen
Twee van die drie verdagtes in die Wayne Bruton-moordsaak sal op 29 Mei van die direktoraat vir openbare vervolging (DOV) hoor of daar gronde vir vervolging vir die beweerde misdaad is.
Bruton se vrou, Sanet en skoonpa, Herman Phillipus Niemann het onlangs voor landdros Janine Ungerer verskyn. Die saak is uitgestel hangende die beslissing van die DOV.
Op die stadium is die enigste bewyse teen die pa en dogter die eerste beskuldigde, Solomon Shadung se woord.

Dogtertjie sterf tragies in treinongeluk

[site-name] story image - [site-date]

Danél Esterhuysen
Nooddienswerkers het Dinsdag langer as ‘n uur onophoudelik gespook om ‘n driejarige dogtertjie se lewe te red nadat sy en haar ma net voor skemer deur ‘n trein sowat 30 km buite die stad op die Modjadjiskloofpad raakgery is. Volgens ‘n nooddienswerker het die dogtertjie haar regterarm, borsbeen en ribbes gebreek, en veelvuldige inwendige beserings opgedoen. Sy is op die toneel dood.

Woerie-moordverdage se verhoordatum bepaal

[site-name] story image - [site-date]

Danél Esterhuysen
Mnr Gerhard Stegman wat vermoedelik in Augustus verlede jaar mnr Herman (Woerie) Botha doodgeskiet het, sal in September vir dié beweerde misdaad verhoor word.
Ondersoeke rondom die skietdood van die bekende bouer van die stad is so te sê afgehandel en landdros Janine Ungerer het Dinsdag die verhoordatum bekendgemaak.

Stad verloor tennisster

[site-name] story image - [site-date]

Mariëtte van de Werken
Louise Galloway, ‘n bekende in die stad se sportkringe, wat sowat ses weke gelede met longkanker gediagnoseer is, is op 21 April in die Theunis Fichardt Hospitium oorlede.

Zim-rugbymanne druk hul stempel af

[site-name] story image - [site-date]

Danél Esterhuysen
Die saamgestelde Xerox-rugbyspan, wat bestaan uit rugbyspelers van verskeie privaatskole in die stad het teen die eerste span van Lomagundi in Zimbabwe kragte gemeet by die polisieklub se velde agter die stadion. Die Xeroxspan het die stryd 0-38 verloor, maar goeie ondervinding opgedoen.