full screen background image

Aksienetbalspan presteer

316

RC Myburgh

Die Limpopo A-aksienetbalspan het ‘n derde plek tydens die Interprovinsiale Binneshuise Netbaltoernooi in die Kaap
verower nadat hulle die Westelike Provinsie op hul tuisveld verslaan het.
Tydens die prysuitdeling is twee spanlede, Christiaan Heymans (mans opespan) en Elouise Venter (gemengde opespan) gekies om Suid-Afrika volgende jaar tydens die Aksienetbal Wêreldbeker in Nieu-Seeland te verteenwoordig.
Die span het hul borge MGM Motors, Limpopo Coaches en ADA Ready Mix vir hul bydrae bedank.