full screen background image

Aksiekrieket groot pret vir Erica-kleuters

759

LEANDRI VAN SCHALKWYK

Erica Pre-primêre Skool se kleuters het onlangs ‘n pretbelaaide dag beleef toe die skool ‘n aksiekrieketdag by die Action Sports Arena Polokwane aangebied het.
Die familiedag is as geldinsamelingsinisiatief gehou. Spanne wat ingeskryf het, het ‘n fooi betaal en danksy borge en skenkings van ouers het die skool ‘n stewige bedrag ingesamel.
Dié skool bied elke kwartaal ‘n geldinsamelingsprojek aan. Die geld wat gein word, word gebruik om bestaande toerusting op te knap en nuwe toerusting aan te koop.
Van die geld word ook aangewend om te help betaal vir die uitstappies wat die kleuterskool deur die jaar aanbied.
Erica se aksiekrieketdag het die hele gesin betrek en die ouers, onderwysers en jongspan het van vroegoggend tot laatmiddag om die braaivleisvure saamgekuier.
Springkastele het ure se vermaak en pret vir die kleuters gewaarborg.
“Dit was ‘n familiedag gevul met groot pret en net weer ‘n bewys dat Erica ‘n skool is wat sterk kameraadskap vooropstel. Ons kleuters het teen mekaar in hulle onderskeie klasse deelgeneem. Hulle het ook hulle spiere gebult in ‘n toutrekkompetisie,” sê Alizia Sibley, organiseerder van die byeenkoms en beheerliggaamlid van die skool.
Ouers en kleuters is in ses verskillende spanne naamlik die Eendjiespan, Zebraspan, Skilpadspan, Berespan, Olifantspan en Kameelperdspan ingedeel.
Nadat elke span vyf aksiekrieketwedstryde gespeel het, het die Skilpadspan vir hulself ‘n wenplek losgehardloop, gelei deur spankap-tein, Lauran du Toit.
Erica-skoolhoof, Monja Groenewald sê dat sy tevrede met die byeenkoms is.
“Ons is opreg dankbaar vir elke ouer en ondersteuner se bydrae tot die dag se sukses.”

Die Skilpadspan met hulle trofee. Jordan du Toit sit voor saam met Lauran du Toit, kap-tein, Monja Groenewald, skoolhoof en Alizia Sibley, aksiekrieketdag-orga-niseerder. Agter staan Chris Jansen van Rensburg,  JG van Niekerk, Jaco Steyn, Jeandré Krog en Glenn Groenewald.

Die Skilpadspan met hulle trofee. Jordan du Toit sit voor saam met Lauran du Toit, kap-tein, Monja Groenewald, skoolhoof en Alizia Sibley, aksiekrieketdag-orga-niseerder. Agter staan Chris Jansen van Rensburg, JG van Niekerk, Jaco Steyn, Jeandré Krog en Glenn Groenewald.