full screen background image
Chris Pistorius pak ‘n hindernis. (foto's Eugene Botes)

4×4-uitdaging toets voertuie, vaardighede

192

Sestien entoesiaste het Saterdag aan die 4×4 Mini Challenge by die Limpopo 4×4-klub buite die stad deelgeneem waar bestuurders hul voertuie behoorlik op die proef gestel het.
Deelnemers kon in drie klasse naamlik standaard, gemodifiseer en supergemodifiseer inskryf. Terwyl 4×4-geesdriftiges sake op verskeie hindernisse uitgespook het, is eetgoed en iets te drinke vir die res van die familie en besoekers te koop aangebied.
In die standaardklas het GC Rohrbeck geseëvier met Chris Pistorius in die tweede plek. Bernard Radmore het die oorhand in die gemodifiseerde klas gekry en die tweede en derde plek onderskeidelik vir Koos Groenewald en Renier Janse van Rensburg gelos.
In die supergemodifiseerde klas was Wickus Durandt die gunsteling terwyl Martin Groenewald met die tweede plek tevrede moes wees. Groenewald het die eerste plek met 50 punte gemis nadat hy weens tegniese probleme aan sy voertuig nie aan die eerste twee hindernisse kon deelneem nie en punte verbeur het.
Die volgende plaaslike 4×4 byeenkoms sal na verwagting op 4 Maart plaasvind.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Renier Janse van Rensburg se pogings besorg aan hom ‘n derde plek in die gemodifiseerde klas.

Koos Groenewald se voertuig steek neus uit oor een van die hindernisse.