full screen background image

4×4-entoesiaste in rat vir pretdag

353

Die Limpopo 4×4 Klub hou op 25 Julie ‘n pretdag by die plaaslike 4×4-baan op die Siliconpad en alle belangstellendes word genooi om hul bestuursvernuf met die hindernisse te toets terwyl toeskouers verseker is van 4×4-aksie uit die boonste rakke.
Organiseerder, Martin Groenewald sê dit is ‘n middagaand-byeenkoms met die aksie wat om 12:00 begin en teen ongeveer 20:00 afgehandel sal wees.
“Inskrywings kos R150 per voertuig terwyl toeskouers teen R20 per volwassene en R10 per kind bo 12 jaar die pret kan beleef. Kinders onder 12 jaar is gratis,” sê Groenewald.
Diegene wat aan die 4×4-aksie wil deelneem, kan in die standaardklas inskryf wat die ideale geleentheid vir amateurs is om hul voertuie se viertrekfunksie te toets en dalk nog een van die groot pryse los te slaan.
Vir die meer ernstige 4×4-geesdriftiges is daar ook ‘n ge­­-
modifiseerde- en supergemo­difiseerde-klas wat altyd vir adrenalienbelaaide aksie sorg.
“Die eerste drie plekke in elke klas kry pryse en bestuurders sal op verskeie aspekte van hul 4×4-bedrewendheid beoordeel word,” sê Groenewald.
‘n Kos- en koeldrankstalletjie is beskikbaar.
Skakel Martin Groenewald by 084 997 8880 of Leatitia Groenewald by 081 466 6296 vir meer inligting.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com